LAPA

Die huis van boeke en veral Afrikaanse boeke

LAPA beteken huis: die huis van boeke en veral Afrikaanse boeke. Ons publiseer boeke vir almal wat Afrikaans praat – maar laat ook nie ander tale agterweë nie. So ook ondersteun ons die plaaslike boek, skrywer en leser deur gehalteleesstof teen bekostigbare pryse te lewer.

LAPA is ‘n algemene uitgewery wat boeke in drie fokusareas publiseer: • LAPA weet dat lees in die moedertaal onontbeerlik is vir enige kind se ontwikkeling. Daarom fokus ons op eietydse, opwindende kinder- en jeugboeke wat kinders lief maak vir lees. Pret is hier ons wagwoord. • LAPA voorsien ook in die leesbehoeftes van volwassenes met fiksie wat die hele spektrum – van ontspanning tot letterkunde – dek. LAPA se Romanza-klub verskaf oorspronklike Suid-Afrikaanse liefdesverhale aan ons lesers in gedrukte en e-boekformaat. • LAPA se niefiksie-afdeling dek ‘n wye verskeidenheid onderwerpe. Ons is veral bekend vir ons uitstekende kook- en handwerkboeke.

APA is op die voorpunt van die elektroniese rewolusie in die uitgewerswese. Hou ons dop vir gedrukte boeke wat aangevul word deur allerlei elektroniese tegnieke, e-boeke en opwindende toeps (apps).