ATKV Skryfskool

Kort skryfkursusse gerig op kreatiewe skryfwerk.

ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit bied ’n verskeidenheid kort skryfkursusse aan enigiemand wat graag kreatief wil begin skryf of wat sy of haar kreatiewe skryfwerk wil verbeter.

Die jaarlikse Herfsskool vir skrywers strek oor vyf dae, met aandag aan byvoorbeeld prosa, poësie en rubrieke. Vir (voornemende) liefdesverhaalskrywers is die jaarlikse Lenteskool weer die regte geleentheid; drie dae lank word die skryf van liefdesverhale onder die vergrootglas geplaas. Die Gemeentebladkursus is ’n Saterdagkursus waarin die kollig op die inhoud en uitleg van die gemeenteblad val. Saam met die ATKV word jaarliks ook meerdaagse kursusse op verskillende plekke vir die skryf van kinderliteratuur georganiseer. Die aanbied van skryfkursusse op aanvraag is ook moontlik; kom gerus hieroor met die ATKV-Skryfskool in aanraking.

Webiste: http://www.nwu.ac.za/af/atkv-skryfskool-oor-ons