Voortrekkermonument

Erfenis

Die majestueuse Voortrekkermonument is in die noordelike deel van Suid-Afrika, in die Pretoria (Tshwane)-streek, in ‘n natuurreservaat geleë.

Dié unieke Monument gedenk die pioniersgeskiedenis van suidelike Afrika en die geskiedenis van die Afrikaner en is in ‘n pragtige omgewing geleë.

Dit is vandag die mees besoekte erfenisterrein van sy soort in Gauteng en een van die top tien kultuurhistoriese besienswaardighede in die land. Die Monument bestuur ook die Bloedrivier Erfenisterrein.

Webtuiste: www.vtm.org.za