FEDSAS

Waardegedrewe skole

FEDSAS is die nasionale verteenwoordigende organisasie van beheerliggame wat sy lede inlig, organiseer, mobiliseer en toerus om die hoogste internasionaal erkende onderwysstandaarde in openbare skole te handhaaf en uit te bou.

FEDSAS erken sy verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap wat hy bedien, wat insluit die volhoubare ontwikkeling van beheerliggame en bevordering van die belange van diegene wat vantevore benadeel is.

FEDSAS is dié nasionale organisasie wat skoolbeheerliggame verteenwoordig. Ons verskaf inligting, organiseer, mobiliseer en rus ons lede toe om die hoogste onderwysstandaarde in openbare skole te handhaaf en uit te bou.