“God praat Afrikaans” – Hemelbesem

So meen die kletsrymer, digter en skrywer, Hemelbesem.

 

Hemelbesem, oftewel Simon Witbooi, lééf Afrikaans. Hy bevestig dit in sy kommentaar aan Adéle Changuion van Maroela Media: “Daar was ‘n dominee destyds op Worcester wat vir my gesê het: ‘Simon, die taal waarin jy bid en die taal waarin jy vloek, is die taal van jou hart.”

En vir Simon is daardie taal Afrikaans.

 

Die ATR het gaan inloer by die bespreking van sy boek “God praat Afrikaans”, gehou by die Book Lounge in Kaapstad.

RO, HT en Hemelbesem

Hemelbesem, Ria Olivier, Sonia Esterhuysen en dr Hendrik Theys, beide dosente aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie by die bespreking van Hemelbesem se boek “God praat Afrikaans”. Doktor Theys is ook ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalraad en Ria is die projekbestuurder.

 

Lees meer oor Hemelbesem en sy boek by http://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/hemelbesem-god-praat-afrikaans/