Internasionale Moedertaaldag

Vier vandag Internasionale Moedertaaldag saam met die ATR (Afrikaanse Taalraad) en Afrikaans.com
Gaan loer wat sê ons voorsitter, Prof Anne-Marie Beukes, ons uitvoerende hoof Dr Conrad Steenkamp en direksielid Me Fatima Allie oor hoe Afrikaans as hul moerdertaal vir hul werk by http://www.afrikaans.com/leer/lekker-leer/moedertaalonderrig

 

As deel van die ATR se moedertaalinisiatief het Afrikaans.com ‘n splinternuwe en interaktiewe Moedertaalonderrig-blad vandag, 21 Februarie 2017, onder hul Lekker Leer-afdeling bekendgestel. Hier sal jy meer kan lees oor die belangrikheid van moedertaalonderrig, word jou vrae beantwoord oor hoekom moedertaalonderrig so belangrik is vir toekomstige sukses, dit vertel jou meer oor veeltaligheid en besweer sommer ook ’n paar bekommernisse en mites rakende moedertaalonderrig.  Jy word ook uitgenooi om jou vrae met hulle te deel sodat hulle kundiges kan raadpleeg en saam met jou kennis oor hierdie belangrike onderwerp kan uitbrei in die strewe na sukses.

 

Vir meer inligting oor wat gedoen word vir Afrikaans as moedertaal op Internasionale Moedertaaldag, volg die skakel http://www.afrikaans.com/news-headlines/taalnuus/internasionale-moedertaaldag 

Afrikaans.com logo - hoe resolusie.pdf