Japie Gouws tree af, nie uit

Meneer Japie Gouws se aftrede uit die ATKV was ‘n hooffokus die week, nie net by die ATKV nie, maar ook by die Afrikaanse Taalraad en GROOTfm. 
Die Taalraad wens hom as kollega en vriend alles van die beste toe. Luister ook wat hy als met Su-an Müller-Marais van GROOTfm gesels oor wat hy vir die toekoms vorentoe beplan op die potgooi-skakel.

 

Beste Japie,

 

Namens die Taalraadkollegas wens ons jou ‘n voorspoedige post-ATKV-lewe toe! Ons vertrou dat jy in hierdie volgende seisoen van jou lewe groot vreugde sal put uit al die ander aktiwiteite en belangstellings waarby jy betrokke gaan wees!

 

Baie dankie vir jou ywer en visie om deur die skitterende werk van die ATKV die Afrikaanse taalgemeenskap se voetspoor oor die lengte en breedte van ons land te versprei.

 

Mooi loop!