‘n Afrikaanse brief vir jou uit Duitsland

Internasionale Moerdertaaldag word gevier deur UNESCO in Parys, Frankryk op 21 Februarie 2017. Dit herinner ons aan die belangrikheid van ‘n moedertaal en die rol wat dit speel in meertalige onderrig. Dit herinner ons ook dat ‘n taal aan die lewe gehou word deur die mense wat dit praat.

 

Dan, amper soos ‘n bevestiging oor die internasionale grense heen, kry mens ‘n brief van iemand soos Alexander Mickel. ‘n Duitser, gebore en getoë. En hy praat Afrikaans. In sy eie woorde skryf hy die volgende: ” ‘n Taal is niks sonder die mense wat dit praat nie. Ek leer nie net die taal nie, ek is ook besig met die mense.”

 

Gaan lees sy besondere brief en sien Afrikaans deur ‘n geïnspireerde meertalige se oë.

 

Met vriendelike groete vanuit Duitsland:

http://maroelamedia.co.za/debat/briewe/n-afrikaanse-brief-vir-jou-uit-duitsland/

A_Mickel1

Alexander Mickel (Foto: Vanessa Ly Pham)