1

Ontstaan

Hoe het die Taalraad ontstaan?

ʼn Historiese oomblik vir Afrikaans het op 24 Mei 2008 waar geword met die stigting van die Afrikaanse Taalraad op Wellington in die historiese Goodnowsaal. Na ʼn lang proses wat op 13 September 2003 begin het, het die breë Afrikaanse taalgemeenskap die voorgestelde Grondwet eenparig aanvaar. Die stigting is met groot toejuiging begroet! Die byeenkoms is deur meer as 40 organisasies bygewoon – die grotes, die kleineres, van die Noorde tot die Suide. Die organisasies is verteenwoordig deur ongeveer 100 beraadgangers wat meer as 500 000 mense verteenwoordig.

Laai jaarverslag as .pdf af