OPROEP VIR BENOEMINGS VIR DIE ATR SE KOKERTOEKENNINGS 2017

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) nooi lidorganisasies en die algemene publiek uit om kandidate vir die Kokertoekennings van 2017 te benoem.

 

Die Kokers is die ATR se manier om erkenning te gee aan mense wat besondere bydraes tot Afrikaans gemaak het.  Hierdie jaar se wenners sal op Vrydag 17 November gedurende ʼn funksie op die Zevenwacht-landgoed te Kuilsrivier aangekondig word.

 

Kokerkategorieë

 

Kokers word toegeken vir bydraes in drie kategorieë, naamlik:

  • Bevordering van Afrikaans;
  • Beskerming van Afrikaans; en
  • Bemagtiging van Afrikaanssprekendes.

 

Drie jeugtoekennings (jonger as 35 jaar) word ook onder dieselfde kategorieë gemaak, asook ʼn algemene toekenning vir ʼn lewenslange bydrae tot Afrikaans.

 

Maatstawwe vir die nominasie van kandidate

U kan dus altesaam sewe kandidate nomineer. Betrokkenheid by Afrikaans en die Afrikaanse taalgemeenskap geld as ʼn belangrike maatstaf.  Ons mik ook daarop om die net wyd te gooi en om ook bydraes op gemeenskapsvlak in te sluit. Persone wat in die verlede toekennings ontvang het, is, onder andere, Adam Small, Ton Vosloo, Marlene le Roux, Cerneels Lourens en Susan Smith.

 

Gebruik asseblief die nominasievorm onderaan hierdie brief om u kandidaat of kandidate te benoem.  Indien die gier u pak, kan u ook meer as een kandidaat per kategorie benoem. Die nominasievorms moet voor of op 20 Oktober 2017 aan die ATR se sekretariaat gestuur word (atr@afrikaansetaalraad.co.za).

 

Kies van die finaliste

Die finaliste vir die kokertoekennings en die jeugtoekennings sal voor die Kokergeleentheid aangekondig word.

Vind die Nominasievorm hier:http://afrikaansetaalraad.co.za/wp-content/uploads/2017/09/ATR-Oproep-vir-Nominasies-vir-kokertoekennings-2017-met-nominasievorm.finaal.pdf