Solidariteit

n Nuwe wêreld van voordele

Solidariteit is jou bondgenoot, as’t ware jou ouer broer, in die werkplek – die een wat al sedert 1902 sy lede teen uitbuiting in die werkplek beskerm; die een wat selfs vir jou as professionele individu werksekerheid skep.

Solidariteit bied tans ’n betroubare diens aan nagenoeg 140 000 lede in alle beroepsvelde, kollektief en professioneel, en het die passie en kennis om na die belange van sy lede om te sien en te verseker dat hulle regte in die werkplek beskerm word. Die vakbond het meer as 20 kantore landwyd en lede word deur meer as 300 personeellede en 1 275 vakbondverteenwoordigers in duisende maatskappye bedien.

Solidariteit glo dat sy lede nie slegs ekonomiese wesens is nie, maar dat hulle binne ’n gemeenskap funksioneer. Deur die jare het Solidariteit dus reeds sy beskermingsambreel vergroot sodat werknemers en hulle gesinne, in elke lewensfase ondersteun kan word. Solidariteit is die enigste Christelike vakbond in Suid-Afrika. Geen ander vakbond in Suid-Afrika doen so baie op soveel verskillende vlakke vir hulle mense nie.

Webtuiste: solidariteit.co.za