XhosAfrika is weer vuur en vlam

Die ATR het ’n vergadering gefasiliteer waarop ’n voortsettingskomitee vir die XhosAfrikanetwerk aangestel is, met die deelname van Ria Olivier. Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) het by die vergadering aangebied om te help met die ontwikkeling van ’n Xhosa-taalblad soortgelyk aan die Afrikaanse weergawe.
Die XhosAfrika-netwerk fokus op samewerking tussen Xhosa- en Afrikaans-inisiatiewe om meertalige onderwys en meertaligheid oor die algemeen te bevorder. Die XhosAfrikanetwerk en die ATR het reeds gesamentlike mediaverklarings oor taalkwessies uitgereik en gaan op verskeie gebiede saamwerk.

Byeenkoms van die XhosAfrika-netwerk saam met VivA, Vriende van Afrikaans, die ATKV en ander.