Welkom by die Afrikaanse Taalraad

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) bevorder die volle diversiteit van Afrikaans in ’n meertalige konteks. Afrikaans van almal, vir almal.

Welkom by die Afrikaanse Taalraad

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) bevorder die volle diversiteit van Afrikaans in ’n meertalige konteks. Afrikaans van almal, vir almal.

Oproep om benoemings vir die Afrikaanse Taalraad se Kokertoekennings van 2025

Die Afrikaanse Taalraad nooi lede en die algemene publiek uit om kandidate vir die Kokertoekennings van 2025 te benoem. Die doel van die Kokers is om erkenning te gee aan mense wat besondere bydraes tot Afrikaans gemaak het. Hierdie jaar se wenners sal einde November op die Taalraad se sosialemediaplatforms aangekondig word.

Bekendes wat in die verlede Kokertoekennings ontvang het, sluit in Adam Small, Ton Vosloo, Marlene le Roux, Cerneels Lourens, Refentse Morake, Sandra Prinsloo, Shaleen Surtie-Richards, Suzie Matlhola, Sue Pyler, Barron Hufkie, Mariëtta Kruger, Karien Brits, Marlie Coetzee, Zenzile Khoisan, Sen Joostens en Stef de Koker.

Skandeer die QR-kode of klik die knoppie on the nomineer

Gehard, met diep wortels

Die kokerboom floreer in dorre, en onherbergsame streke, maar dra tog die helderste geel blomme. Dit versinnebeeld die deursettingsvermoë en diepgewortelde geskiedenis van ons taal. Dit is deel van die veld en die landskap om ons. Dit is die taal van ons voorouers wat ons aan ons nageslag sal oordra. Afrikaans van almal, vir almal. Dit is waaroor dit gaan.

Die Afrikaanse Taalraad versoen

Afrikaans is een van die groter tale van die wêreld

Afrikaans is een van slegs 250 tale uit die sowat 7 000 tale wêreldwyd wat meer as ’n miljoen sprekers het.

Daar is meer as 7 miljoen Afrikaanse moedertaalsprekers in Suid-Afrika, Namibië en die diaspora.

Meer as 12 miljoen mense gebruik Afrikaans as tweede of derde taal. In Namibië is Afrikaans ’n algemene omgangstaal.

Daar is sowat 28 miljoen Nederlandssprekendes wat Afrikaans met min moeite kan verstaan. Afrikaanssprekendes leer tale soos Duits ook maklik. Afrikaans is inheems tot Afrika, maar gee ons ook toegang tot die wêreld.

Help Afrikaans om te groei